Ask the GeneralCategory: JoiningHoe swaai ek my denkpatroon
Adriaan asked 4 maande ago

*Hoe op aarde kan iemand soos ek wat /nie-weermag/ grootgeword het, in ‘n beloofde rainbow-nation skielik, en oornag aan ‘n groep behoort en weet wat om te doen, hoe om te skiet, hoe om te verdedig en wat om te sê op ‘n radio, wat glo ons mag nie moor nie, wat vuurwapens haat vir wat dit doen aan die mensdom?*
Ek sien die verwoesting, en ek kyk in my twee dogtertjies se blou ogies en dink aan my vrou en my skoonma vir wie ek onderhou en wonder net, as ek moet veg sal ek, maar die Here weet, ek sal nooit kan moor nie! Hoe verander julle my denkpatroon? Help my verstaan sodat ek kan help en nie vlug nie!

2 Answers
FaanP Staff answered 4 maande ago

Adriaan,
Om die eerste deel van jou vraag te antwoord – sluit aan raak betrokke, woon ons opleiding kursusse by en dan sal meer as bevoeg wees in al die gebiede wat jou pla.
Vuurwapens het nog niks aan die mensdom gedoen nie – kriminele het.
Ek dink jy moet weer na jou 2 dogtertjies, jou vrou en die wat afhandlik is van jou en jou leierskap gaan kyk. Gaan kyk na die wat opkyk na jou, die voorbeeld wat jy stel en jou leierskap en maak dan jou besluit. Daar is ‘n GROOT verskil tussen moor en die mense wat jy lief het beskerm.

MikePappa replied 3 maande ago

Adriaan, jy vrae geldige vrae wat eintlik n oom soos ek ook soms gevrae het toe ek n jongman was – EErstens dink so daaroor; Jy het n keuse om life te he eerste, want so life het God sy seun gehad (Omdat hy ons meer liefhet) het hy sy seun vir ons sondes opgeoffer! Wel mater as jy nie in God glo nie is ek jammer maar ek wil jou dan vra hoekom is daar dan goed en kwaad in hierdie lewe en waarom moet jy n stryd stry teenoor mense wat jou en jou geliefdes wil kwaad aandoen- Dis natuurlik maklik om te antwoord want dit gaan oor jouself; wanneer jy in n posisie geplaas word en self moet verdedig dit waarvoor jy liefhet en dit waaroor jy omgee….Dan kom die gevoel van oorlewing “Wat, tussen my en jou ou maat die sterkste drang is wat enige mens of dier het” – Jy sien Boeta, daai 2 dogtertjies wat vir jou geggee is deur “ABBA” of Ons Vader is jou eerste oorwinning na oorlewing want jy sal voortleef in hul as jy sterwe eendag…..Ek is n “Ouman” soos ons in die weermag altyd gese het; Ek is gespaar deur baie jare waar ek my Kinders by die huis gelos het om die land van die kommunis te gaan verlos- JA, in die bos maar ook daar in binne die plattelandse gebiede om die gevare uit my land te hou….En so paar jare ook in die SAP waar ons stedelik prober het om ons mense veilig te hou! Jy sien dis baie makliker vir die meeste mense om vrae te vrae oor hoekom, hoe en vir wat? Die moeilikste en ook die maklikste is om te weet dat jy soos Jesus kan wees en deur jou liefde te lewe en vir ander op te staan en n verskil te maak vir die mense waarvoor jy omgee! Skiet en baklei en verdedig is dinge wat n mens aanleer maar om te oorleef is n ingebore natuur van enige iemand wat die lewe life het! Kom my mater stel jouself beskikbaar hier in ons kraal loop daar baie skapies en ek kan jou met vrymoedigheid laat glo dat ons weet waar ons hulp vandaan kom! Groete ou grootte.

MikePappa replied 3 maande ago

## LIFE MOET LIEFDE beteken!

MikePappa answered 3 maande ago

Adriaan, jy vrae geldige vrae wat eintlik n oom soos ek ook soms gevrae het toe ek n jongman was – Eerstens dink so daaroor; Jy het n keuse om lief te he eerste, want so lief het God sy Seun(Christus Jesus) gehad (Omdat hy ons meer liefhet) het hy sy Seun vir ons sondes opgeoffer! Wel mater as jy nie in God glo nie is ek jammer maar ek wil jou dan vra hoekom is daar dan goed en kwaad in hierdie lewe en waarom moet jy n stryd stry teenoor mense wat jou en jou geliefdes wil kwaad aandoen- Dis natuurlik maklik om te antwoord want dit gaan oor jouself; wanneer jy in n posisie geplaas word en self moet verdedig dit waarvoor jy liefhet en dit waaroor jy omgee….Dan……Dan kom die gevoel van oorlewing “Wat, tussen my en jou; ou maat die sterkste drang is wat enige mens of dier het” – Jy sien Boeta, daai 2 dogtertjies wat vir jou geggee is deur “ABBA” of Ons Vader is jou eerste oorwinning na oorlewing want jy sal voortleef in hul as jy sterwe eendag…..Ek is n “Ouman” soos ons in die weermag altyd gese het; Ek is gespaar deur baie jare waar ek my Kinders by die huis gelos het om die land van die kommunis te gaan verlos- JA, in die bos maar ook daar in binne die plattelandse gebiede om die gevare uit my land te hou….En so paar jare ook in die SAP waar ons stedelik probeer het om ons mense veilig te hou! Jy sien dis baie makliker vir die meeste mense om vrae te vrae oor hoekom, hoe en vir wat? Die moeilikste en ook die maklikste is om te weet dat jy soos Jesus kan wees en deur jou liefde te lewe en vir ander op te staan en n verskil te maak vir die mense waarvoor jy omgee! Skiet en baklei en verdedig is dinge wat n mens aanleer maar om te oorleef is n ingebore natuur van enige iemand wat die lewe lief het! Kom my mater stel jouself beskikbaar hier in ons kraal loop daar baie skapies en ek kan jou met vrymoedigheid laat glo dat ons weet waar ons hulp vandaan kom! Groete ou grootte. En intussen kry iemand wat vir jou kan vertel van die Nie skiet oorlog teen gelowiges in die wereld – Dis n werklike oorlog……..

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart