Ask the GeneralCategory: JoiningAansluitings fooi
Deon asked 3 maande ago

Goeie dag Generaal en personeel,
Ek het probeer om meer inligting te kry in verband met aansluitings kostes, maar is nie seker wat dit behels nie. Al wat ek sien, maar dis nie eintlik veel omskrywend nie, is die volgende wat ek vanaf die webtuiste geneem het, en ek haal aan “Daar word ook gereeld gevorderde opleiding in die streke en dorpe aangebied (vir lede se koste) om lede die nodige verdediging en beskerming kennis en vaardighede te gee. Ons bied ook intensiewe en spesialis opleiding vir diegene wat daarby betrokke wil raak. Dit sal deel vorm van die opleiding wat nodig is vir betrokenheid by Boerelegioen se Reaksiemag”.
Kan jul my asseblief verduidelik wat behels die kostes wat ons betaal vir aansluiting? Wat ek hierby bedoel is, wat word ek aangebied vir die aansluitings fooi?
Watter areas word kursusse aangebied, wat is die kostes daraan vebonde, en wat is die tydsduur daarvan?
Dankie by voorbaat
Deon

1 Answers
FaanP Staff answered 3 maande ago

Hi Deon,
Die opleiding wat op verskeie plekke op die website ten toongestel word is gratis. Behalwe vir sekere gespesiliaseerde opleiding wat teen minimum kostes aangebied word soos bv ons Reaksiemag opleiding by Kamp Phoenix. Die meeste van die opleiding word op naweke aangebied en is so gestruktureer dat in dag modules aangebied word.
Die aansluitings gelde word gebruik om die Boerelegioen masjien aan die gang te hou.  Almal in die boerelegioen doen die werk vrywillig maar kan tot net op ‘n punt self die kostes drae vir bv vervoer na vergaderings.  Hierdie vergaderings neem reg oor die land plaas en kan ‘n aardige bedrag beloop.
Verder word die gelde ook aangewend om ons infrastruktuur uit te brei. Ons webtuiste, radio netwerk en ander vorms van kommunikasie word daagliks uitgebrei en dit kos alles geld.  Daar word maandeliks finansieele state beskikbaar gestel vir enige lid wat belangstel.
Jy is meer as welkom met enige ander vrae.
Saluut

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart