Wes Rand trap ‘n Zama-Zama vas

Wes Rand trap ‘n Zama-Zama vas

Kmdt Chris Lessing Boerelegioen streeksbevelvoerder van die verre Wesrand het op 11 September ‘n oproep ontvang van Reaksiemaglid Franco Lemmer dat ‘n vermoedelike Zama-Zama (onwettige myner) in die straat naby WestCol college in Randfontein met ‘n AK47  afloop en op die polisie skiet.

Franco en Jean

Kmdt Chris het dadelik die manne van die Boerelegioen ontbied om te help met die situasie.  Franco en Juan Huiseman was eerste op die toneel gevolg deur Kaptein Fanie Roussow en die SAPD.  Die verdagte het gevlug in die rigting van Helikonpark met 3 bakkies kort op sy hakke. Franco, Jean en Sean Bowie van die Boerelegioen het die verdagte met hulle voertuie afgekeer en hom platgetrek. Jean het die verdagte ontwapen waarna Kaptein Fanie geraporteer het dat die wapen nie ‘n AK47 was nie maar wel ‘n tuisgemaakte pyp-geweer. Die SAPD het die man ge-arresteer en na die selle geneem.

Kmdt Chris wil net graag al die manne wat betrokke was bedank vir hulle bydra in die operasie in totaal was daar ongeveer 6 Boerelegioen lede betrokke.  Dit was welgedaan manne.

Leave a Reply

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart