Staan op jong man. Jou volk het jou nodig.

Staan op jong man. Jou volk het jou nodig.

Moet nie net nog ‘n misdaad statistiek word nie! Staan vir ‘n oomblik stil en kyk hoe dit gaan hier in ons land, veral die afgelope paar dae – dit is kommerwekkend. Mense, dit is al lankal tyd dat jy by ‘n ordentlike organisasie betrokke moet wees of dat jy NOU by een moet aansluit.

Die Boerelegioen is so ‘n organisasie en behoort heel bo aan jou lys van keuses te wees. Enige organisasie wat sy sout werd is het ‘n visie en ‘n missie lees gerus deur die Boerelegioen sin:

 

Boerelegioen Visie
Om die Boervolk bestaande uit elke denkbare organisasie en liggaam te versamel en toe te rus en as ‘n nasionale passiewe Volksweermag ten toon te stel as ‘n eenheidsmag in hulle diversiteit as demonstrasie van weerstand teen die toenemende en beloofde haat en geweld teen die burgery.

Boerelegioen Missie
Om burgers in lyn met die bedreiging weerbaar te maak deur hulle in peletonne in te deel en as selfverdedigingsgroepe te laat oplei en hulle te bemagtig teen aanvalle van moordbendes, gewapende rowerbendes en ideologies gedrewe politieke geweldenaars.
Om kundige militêre veterane aan te wend wat die toenemende disfunksionele staat sal moet help om die moordbendes, gewapende rowerbendes en ideologie gedrewe politieke geweldenaars te identifiseer, op te spoor, te infiltreer en aan die gereg oor te gee.
Om die peletonne in die militêre dissiplines op sigbaarheidsparades saam met ander organisasies te laat aantree waar erkenning gegee word aan goeie werk en die rol wat gespeel is in die veiligheid van die Boere in dorpe, stede en plase in die RSA.
Parades waar elke organisasie in sy uniekheid en eie karakter deel vorm van die groter Boerelegioen beweging as vertoning van slaankrag teen die toenemende misdaad in die RSA.

 

Opleiding
Om aan te sluit by die missie wend die Boerelegioen baie van die land se militêre veterane aan vir opleiding doeleindes. Deel van die opleiding sluit die opleiding by KAMP PHOENIX in wat gemik is op jong mans en vrouens wat tussen 18 en 40 jaar oud is.

Ek en my man kol. Faan Pretorius het die geleentheid gehad om die opleidingskamp te gaan besoek in die Karoo op 16 Augustus 2019 aangesien daar ‘n opleidingsessie plaas gevind het. Van die oomblik dat ek daar ge-arriveer het ek vinnig opgemerk dat elke lid wat daar betrokke was ons met trots gegroet het: “Goeie more staff”. Die kampleiers Brig Carin en Genl Steytler is werklik goed in wat hulle doen, aangesien die kanidate die volgende eienskappe uitgestraal het:

Disipline. 
Trots. 
Paraatheid.

Wel gedaan aan alle instrukteurs wat betrokke was, julle doen almal uitstekende werk.
Brig Carin het met my gedeel dat van die kandidate wat die kamp bywoon voel onderdruk en verwerp in hulle eie land maar wanneer hulle die opleiding voltooi kan mens duidelik ‘n verskil sien in hulle. Hulle stap uit met selfversekering, trots, respek en gereed vir enige iets wat die lewe hulle kant toe mag gooi.
Die missie van die opleiding is om jong mans met murg in hulle pype opleiding te gee sodat hulle op die selfde vlak kan funksioneer as wat die ou polisie- en weermagmanne gedoen het.

Sou die anargie die dag uitbreek het ons opgeleide jong mans nodig wat die nodige kan doen om hulle land en volk te beskerm, en hierdie kamp rus die jong mans toe, om dit kan doen waneer die tyd aanbreek. Ek wil graag ‘n beroep doen op alle jong mans om deel te word van die Boerelegioen en hierdie opleiding by te woon.

Ronel Pretorius 

This Post Has 17 Comments

  1. Arnold veteraan

  2. Feed back from 3 of my members, also pictures and video clips it is evident that the camp Phoenix Lear vasbyt, dissiplin and trust in you colleges.

  3. Ek het nou hier deurgelees en ek verstaan die 40 jarig en jonger wat opleiding kry vir as die dag aanbreek.Kan ek n persepsie kry vir die doel van die pre 94 veterane en ou saps, sou die dinge oorgaan tot daad werklike self verdedediging of oorlog?

    1. Die veterane is gewoonlik die manne wat die leiding gaan neem in die dorpsbevelstruktuur en pelletonne. Alle ander opleiding is oop vir almal met geen ouderdom beperking nie. Die manne wat die opleiding by kamp phoenix gekry word ingesluit by die reaksiemagte. Hoop ek het jou vraag be-antwoord

  4. dat kan ons vrouens doen???

  5. Baie dankie kol.

  6. Would like to know more about the legion

    1. All the information is on the website and this where you join as well. If you have any further questions please drop me a mail at boerelegioen2@gmail.com

    1. Vick, Kontak my gerus by Boerelegioen.co.za

  7. Gee bietjie meer inligting

  8. I am very impressed with the pistol drills training, basics (static targets) but that’s crucially important and where it all starts, very well instructed and safety clearly applied overall very professional, but I would not expect anything less from a nation that has been so successful in bush warfare fighting for more than a century. Advanced training would be moving targets, (humans don’t stand still) go Boere!!

  9. Hoe sluit ek en my verloofde aan by so iets
    En waat is die kamp gelee

    1. Die kamp is in die Karoo
      Jy kan hier op die webtuiste aansluit – klik net op Sluit aan by ons – en vul die nodige vorms in.

  10. wa kan ek aansluit eks van boksburg

  11. Waar kan ek aansluit eks van JHB Brixton

Leave a Reply

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart