Sonop ouetehuis.

Sonop ouetehuis.

Op 16 Januarie 2020 het daar ‘n Whatsapp boodskap die rondte gedoen wat hulp vrae vir die ouetehuis wat blykbaar in hulp soek omdat die ouetehuis die mense vreeslik verwaarloos. Hier volg die boodskap:

🚨SOEK DRINGEND HULP 🚨
16 Januarie 2020
Sonop is n staatsouetehuis net Buite Brits en die oumense daar is in n toestand !! Nie een van die personeel glimlag eers nie en daar is n blinde tannie wat se kos op haar skoot neergesit word n lepel in haar hand gedruk word en sy moet self sien kom klaar terwyl die personeel buite in die son sit en gesels Daar is ook n verskriklike stank van oumense se doeke wat nie geruil word nie Ek was reg om die plek om te keer !! Niemand daar glimlag of gesels met mekaar nie almal sit net voor hulle en staar en as die klok lui staan die wat kan beweeg op en beweeg eetsaal toe om maar te eet wat daar voor gesit word Vandag het elkeen 4 lepeltjies slaai gekry Toe ek vir die matrone vra hoekom die kos so lyk se sy hulle werk op n budget wat die staat vir hulle gee en daar is nie eintlik geld vir vleis nie Dis n skande dat mense in hulle laaste dae van hulle lewens so moet leef Ek is asseblief dringend opsoek na die volgende donasies : vleis, beddegoed, toiletware en grootmensdoeke, as enige iemand kan help asseblief? Deur net my boodskap te share al kan jy nie help nie , help jy al klaar Baie dankie Retha van der Merwe 079xxxx

Die Boerelegioen van Brits het dadelik opgetree en ondersoek ingestel en daar was bevind dat die boodskap vals was. Kapt Bennie Dercksen het die ouetehuis besoek en sy bevindings was:

TERUGVOER SONOP OUETEHUIS: Kapt Bennie Dercksen en sy vrou Annatjie was vanoggend persoonlik by die Ouetehuis om hulle te vergewis van die omstandighede daar. Hulle het eerstens ‘n vergadering gehad met die bestuur, wat stomgeslaan was oor die aantuigings. Hulle was toegelaat om foto’s te neem, net nie van mense se gesigte nie, soos Kapt Bennie sê: “Daar is meer kruideniersware as in Shoprite.” Hulle het met die ou mense self gepraat en het niemand gekry wat enigsins ontevrede was oor enigiets nie. Dit wil voorkom of die vrou, Retha vd Merwe 0798805788, besig is met ‘n scam. Sy soek donasies en alles moet in Centurion afgegee word waar sy woon, nogal vêr van Sonop af.
Hiermee wil ek graag vir Kapt Bennie en sy vrou bedank vir hulle spoedige optrede. Foto’s hieronder.

Danie Kapt Dercksen vir jou vinnige optrede. Saluut

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart