Protesaksie Lichtenburg 12/06/2019

Protesaksie Lichtenburg 12/06/2019

Inligting ontvang vroeg die oggend van informante uit die nedersettings het aangedui dat daar n beplande optog/ betoging gaan wees weens dienslewering en ook beloofde werkskepping.

Die moment dat hulle begin saamdrom het en dorp toe beweeg het, het ons manne op die grond gehad wat bly monitor het en op ‘n afstand, die protes dop gehou het. Genl Robert was juis op die grond direk in die middel van die betoging en het dadelik begin info uitstuur na ons. Maj Francois en Kapt Andre het dadelik reageer en ontrek na die punt rondom die midde dorp waar die protes die ergste was. Hulle het direk ingeval en hulp aangebied aan die Polisie en buurtwag.
Daar was 2 voertuie op die buite wyke en het die res van die dorp bly monitor. Ek het die reaksie span op bystand gesit indien iets sou skeefloop of hand uit ruk. Genl. Robert het gevra vir brandblussers en Maj Francois en Kapt Andre het begin die vure blus wat aangesteek was. Met die uitbeweeg van die protes gangers was hul gemonitor.
Vir die volgende tyd het ons die dorp bly monitor indien iets weer opflam. Ons was ook permanent met mekaar in kontak indien daar sou nodig wees om al ons mense te ontplooi. Met die kan ek sê dat alles in plek was en ons heeltemal gereed was as dit sou nodig wees om in te tree sou die protes versleg of hand uit ruk.
Dit was n voorreg om Genl. Robert en die offisiere in Lichtenburg op die grond te hê ,die wat altyd bereid is om vir hul volk op te staan en hul mense veilig te hou. Saluut Genl. Robert, Maj. Francois en Kapt Andre en ook die hele reaksie span.

Saluut Kol. Arno Opperman. Lichtenburg.

This Post Has 4 Comments

  1. Baie goeie werk Kol Opperman en sy span.
    Hulle het bewys hulle stap saam met die Boere Legioen se eie Generaal Robert Rothman om die vure wat die geweldsgees aanblaas, aangevuur deur ‘n ingebore voorvaderbewustheid, te gaan blus.
    Toe BL soldate vreesloos tussen die hordes instap en die vure gaan blus, toe blus die BL soldate se vreeslose teenwoordigheid die hordes se lus vir verdere geweldpleging, brandstigting en plunder.

    Toe gaan die waansinnige hordes maar eerder huis toe.

    Saluut

  2. Baie dankie vir dit wat julle vir ons daar gedoen het. Glo dat deur julle optrede meer sulke dinge sal gebeur wat d mense daarvan bewus sal maak dat dinge KAN verander

    1. Baie dankie manne. Die Here seen julle.

  3. Aan alle Boere manne en vroue, baie dankie vir jul geloof en toegewydheid. Ons is opsoek na nog baie meer lede wat eer en trots vir hulle land Suid Afrika het. Wel gedaan, ek glo dat ons daadwerklik verrassend gaan groep, in ons verhouding met ons skipper asook I ons getalle. Ek dank ieder en elk.
    Saluut

Leave a Reply

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart