Oosrand dames leer om hulle man te staan.

Oosrand dames leer om hulle man te staan.

Op Saterdag 14 September, het 44 dames en 7 kinders bymekaar gekom in die Oosrand vir ‘n Dames Weerbaarheids klas! Elkeen van die dames het ‘n wonderlike geskenkpakkie ontvang geborg deur MISA, verteenwoordig deur Michelle Vorster. Die dames dra hulle opregte waardeering oor aan Michelle en MISA (hulle sal nou net daarvan hou om die pepperspray te kan toets 😉)

Sers Nicolene Rossouw en Lisa Cronje het die kinders besig gehou en gewys hoe om jou self te verdedig, sodat al die Mammas hulle aandag kon gee aan die klas en nie bekommerd hoef te gewees het oor hulle kleingoed nie. Sers Alida Jordaan het al die dames belangrike inligting gegee aangaande verkragtings en daarna is die dames gewys dat jy nie hoef die slagoffer te wees nie, maar dat jy kan jouself beskerm! Almal het deelgeneem en gewys dat jy nie spiere nodig het om iemand rond te gooi nie. Welgedaan dames.

Baie dankie aan Sers Alida Jordaan, Sers Nicolene Rossouw & Lid Lisa Cronje, ons salueer julle!

Kpt Stefanie, Hoof Admin Oosrand

Leave a Reply

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart