Ons Boerelegioen Vroue en Tieners raak paraat

Ons Boerelegioen Vroue en Tieners raak paraat

…en dit is hoe die fondasie van ons volksweermag gelê word hier by kamp Kamp Phoenix, net soos by vorige opleidingskampe wat daar gehou was.

Desember se opleidings kamp was ‘n eerste waar tieners ware weermag ondergaan het, hulle was vergesel deur groep brawe vroue wat hulle families vaarwel moes roep vir 2 weke. Die groep het hulle traditionele fees-seisoen met familie en vriende geruil vir 2 weke in die bos waar hulle eerder geleer het van patrollie formasies as luilekker ontspanning op die strand.

In die 2 weke was daar ‘n oneindige produksielyn vol informasie wat hulle konstant gebombardeer het met nuwe konsepte wat hulle moes verwerk en onthou. Al die kampgangers het met lof gepraat van die goeie intense opleiding en van hoe hulle, hulle self weer ontdek het terwyl hulle die limiete tot waartoe hulle instaat is die heeltyd getoets het.

Die kampgangers was dit almal eens dat hulle die kamp verlaat het met:
Trots
Selfrespek
Dissipline
Paraatheid en
gereed vir enige iets wat die vyand na hulle kant toe mag gooi.

Ek plaas ‘n paar uittreksels uit getuigskrifte wat van die kampgangers na my gestuur het:

Skutter “Tombstone” het geskryf:
“As die oudste (57 jr) persoon wat al ooit ‘n Phoenix kamp bygewoon het, kan ek met trots sê dat ek lanklaas so baie geleer het in twee weke, buiten natuurlik die feit dat ek nog kan duik en rol (al was dit in slow motion soms).  Ek was nog nooit so trots op bloukolle, krapmerke, snymerke en opgeswelde knieë nie.

Alle opleiding wat op die kamp aangebied was, het aan my verwagtinge voldoen en nog meer.  Natuurlik geniet mens sekere dinge meer as ander, maar die afwisseling was van so aard dat mens nooit gevoel het jy sit in ‘n doodloopstraat nie.

Na my mening is die kamp ‘n MOET vir elke mens.  Dit het my lewe en my uitkyk op die lewe verander.  Ek sien deur ander oë wat om my aangaan. 

Die Staf is mense met die hoogste gehalte van kennis en ervaring.  Ek haal my hoed met respek vir hulle af.  Die kos was ongelooflik lekker, selfs die 1/6 van ‘n kookeier vir middagete.

Sal ek dit weer doen as ek die kans kry?  HEL JA, HONDERD MAAL JA!

Die Boere Kom!!! SALUUT”

Skutter Moppie het die volgende met my gedeel:

“Phoenix Kamp was fantasties!!
My man het my in die kamp in baklei… EK wou nie gaan nie.
Ek het n ander sy van myself ontdek
Ek het nuwe vriende gemaak.
Geleer om in n span(seksie) saam te werk.
Ek het weer besef hoe Groot ons Skepper is met die Mooi natuur Berge en bone Om my.
EK het besef dat EK nie meer die vyand hoef te breed nie.
Dat EK myself en my familie Kan beskerm.
Die instruksie en instrukteurs was ongelooflik!!”

En laastens:

“Dit was n “Super cool” belewenis, iets wat ek vir die res van my lewe sal onthou en koester.

Dit was uiters leersaam met die mees ervare en betroubare leermeesters. Die ontvangs was hartlik maar streng met reg. Uitstekende dissipline was gehandhaaf wat ons nodig gehad het om te kan leer.

Ek het nooit gedink dat ek die nodige selfvertroue gehad het om te kon doen wat ek daar geleer is nie. Die hele ervaring was genotvol en leersaam en ek kan dit hoogs aanbeveel vir elke jong mens.

Kampgroete
Skutter Silkie

Soos getuig deur ons kampgangers is die kamp ‘n moet vir oud en jonk en ons vra dat jy ook ons volgende kamp bywoon.

Ronel Pretorius

This Post Has 2 Comments

  1. Ek wil graag weet: teenoor wie en wat word jy opgelei. M,a,w. WAT is die doel van die opleiding.

    1. Om leiding te kan vat in tyd van anargie en ingeligte besluite te kan maak.

Leave a Reply to Judith Haefele Cancel reply

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart