Nog ‘n Boer nog ‘n kruis

Nog ‘n Boer nog ‘n kruis

Die Boerelegioen se hoof funksie is nie net om sy mense te beskerm teen aanvalle, optogte, moordbendes en rowerbendes nie. Die Boerelegioen beywer hom ook in gemeenskapsdiens.

Peet van Es

Die Boerelegioen was gekontak deur ‘n Nederlandse familie op Twitter om in te staan vir hulle by die Witkruis monument se opgraderingsdag. Peet van Es en sy vrou Arine is oorspronklik van Nederland en het na Suid Afrika verhuis op soek na groener wyvelde. Die droom was egter in skerwe nadat ongeveer 5 swart mans op Vrydagaand, 7 April 2017, hulle huis binne gestorm het. Hulle het Arine wreedaardig gemartel terwyl van die mans vir Peet in hulle slaap kamer op die boonste verdieping van hulle huis met skerp voorwerpe gesteek het. Peet het gesmeek dat hulle sy lewe moet spaar en alles vat wat hulle wil, maar sy pleidooi het op dowe ore geval. Na ‘n marteling van ongeveer 4 ure, het hy net na middernag beswyk aan sy wonde, in sy vrou se arms.  Arine het haar ervaring in ‘n boek vasgelê, Moord in Zuid-Afrika, wat eersdaags in Engels en Afrikaans beskikbaar sal wees.

Witkruis monument

Die familie wou eer betoon aan Peet deur ‘n kruis vir hom op die wêreld bekende Witkruis monument te plant. Die opgraderingsdag word behartig deur Lita Fourie, haar man en ‘n span vrywilligers sedert 2004. ‘n Bereidwillige boer het die grond geskenk vir die doeleindes. Die organiseerders is in die proses om die monument te laat verklaar as nasionale monument.

 

Van oral, uit die ooste, weste, noorde en suide het motors en motorfietse opgedaag vroeg die oggend van 7 September 2019. Dit het gelyk soos ‘n massa begrafnis – baie wit motors oppad na die wit kruise teen die berg. By die monument was daar verskeie sprekers en pastore wat die dag ge-open het. Vlae het gewapper gedurende ‘n vlagvoorstelling wat die Boer se geskiedenis in die land uitgebeeld het.

Die hoogte punt van die dag was waar die families geroep was om die kruise van hulle geliefdes te ontvang terwyl daar in kort vertel is hoe die persoon vermoor is bv geskiet, verwurg of aan wonde beswyk. Die rye mense wat gewag het, was ‘n spieëlbeeld van rye in ‘n bank, waar die teller roep “volgende asseblief” maar in hierdie geval was kruise, wat mense se lewens verteenwoordig, uitgedeel.

As daar ‘n datum is wat jy moet omkring op jou kalender is dit 5 September 2020 waneer daar die volgende opgradering sal plaasvind. Dit is iets wat elke Boer moet beleef.

Ronel Pretorius

Leave a Reply

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart