Jeug projek begin vorm aanneem

Jeug projek begin vorm aanneem

Ons BoereLegioentjies Jeug projek is in finale fase van afhandeling. Dit bestaan uit die opleiding van ons Jeug van voorskool tot hoërskool leerlinge (konsep van die Kulturele Voortrekkertjies).

Die is ‘n naweek kamp projek op ‘n plaas, waar ons een naweek per maand ons jeug gaan leer vuurmaak, spoorsny, uitkenning van wilde diere, uitkenning van plante, windbuks skiet, persoonlike veiligheid, tou vaardighede, kosmaak, kleilat gooi, Boeresport om net ‘n paar te noem. Alle vrywarings dokumente en aspekte rondom regs aanspreeklikheid is reeds nagekom.

Ons vra dat enige van ons lede wat betrokke wil raak by die aanbied van en opleiding aan ons jeug my direk sal kontak. Ons kinders mag nie heeldag met fone speel en voor rekenaars gekluister sit nie terwyl ons kultuur, dit waarmee meeste van ons groot geword het vergete gaan. Ek persoonlik sien uit na die uitdaging.

Alle insette is welkom.✋ Brig Christo Willemse

This Post Has 2 Comments

  1. Baie geluk, sterkte en voorspoed met die projek en mag elke ouer besef hoe nodig hierdie kampe vir ons jeug is. Staan saam en bou aan n toekoms.

  2. Baie sterkte Kapt Celia en Span. Ons is in gees altyd by u, al is die projek nie altyd so maklik en aangenaam nie, weet ek die beloning is baie groot. Saluut

Leave a Reply

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart