BRAKPAN EEUFEES VIERING Saterdag, 30 November 2019

BRAKPAN EEUFEES VIERING Saterdag, 30 November 2019

Op Saterdag, 30 November het die dorp Brakpan in Oos Rand sy 100ste bestaansjaar gevier.

Lede van die publiek was almal genooi om bymekaar te kom te Laerskool Morewag, en ons as Boerelegioen het ons gewig kom ingooi om te deel in feesvieringe van die dag.

In suiwer Suid Afrikaanse tradisie, was daar braaivleis vure aangesteek,
Musiek kunstenaars was daar, verskeie stalletjies wat allerlei verkoop, en die kinders was heerlik vermaak met gesig-verf, springkastele en aktiwiteite.

Een van die hoogtepunte van die dag was om ‘n tydkapsule te begrawe.
Die publiek, skole en besighede is vooraf versoek om items vir ‘n tyskapsule te skenk. Die beplanning is om oor 50 jaar die tydkapsule weer oop te maak en dan die Eeufeesjoernaal met verskeie items daarin geplaas, bekend te stel.

Alle fondse wat die dag gegenereer was, is aan Laerskool Morewag geskenk.

Dankie Brigadier Dirk Joubert vir die skenking van twee braaiers ook aan die skool.

In die gees van die feesvieringe het Boerelegioen dan ook ‘n potjiekos kompetisie gehad met lede van die Boerelegioen en gemeenskap wat deelgeneem het.

Ons wil vir Kolonel Johan Barwise van harte gelukwens as die wenner van die potjiekos kompetisie! (Hierdie pastoor van ons kook hoor!)

Die dag was deur almal geniet. Lede van die gemeenskap kon mekaar ontmoet, beter leer ken en sommer net lekker gesels.
Dit was dan ook vir ons as Boerelegioen ‘n besondere voorreg om die dag met almal te kon deel.

Saluut!

Kapt Leon Kumm
Admin OosRand

Leave a Reply

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart