Op 7 Augustus 2019 om 8:30 is die reaksiemag van die Boerelegioen op Brits met hulle honde ontbied na ‘n granietmyn in die omgewing nadat hulle ‘n noodroep van die myn ontvang het.
Die myn was geteiken deur die naby geleë plaaslike gemeenskap wat gedryg het om die myn in te val, mense aan te rand en die myn af te brand. Die reaksiemag wat reeds op die toeneel was het die SAPD gekontak en die situasie aan hulle verduidelik.
Die SAPD het aan die reaksiemag gesê om rubber en stopper ammunisie op die betogers te gebruik. Nadat die reaksiemag op die betogers los gebrand het, het 98% van die betogers weg gehardloop. Die oorblywende betogers is oortuig om die gebied te verlaat met die hulp die K9 span. Die mynperseel is deeglik gefynkam vir nog betogers voordat die toneel oorhandig is aan die SAPD.
Kapt Bennie Dercksen en sy span is later bedank deur die plaaslike brigadier van die SAPD. Kapt Bennie, die dorp bevelvoerder van Brits, het die situasie as ‘n moeilike situasie beskryf. Hy wil graag die Boerelegioen in Rustenburg bedank vir die opleiding wat hulle ontvang het en skryf die sukses toe aan die opleiding en die feit dat hulle gereeld die opleiding in oefen.
izak van zyl
12 Aug 2019Weereens ‘n Bewys, as die Boere opdaag, vlug die vyand. Saluut
Chris Briers
15 Mar 2020Goeie dag as ek in Rustenbirg NW blei hoe kan ek anslyt by julle hoor daar is n kantoor op rustenbirg het julle asb n adres groete Chris Briers
FaanP
23 Mar 2020Kontak my op 0824114892