Boerelegioen reageer op KZN plaasaanval

Boerelegioen reageer op KZN plaasaanval

Plaasaanval
1 Maart 2020
07:20 5km noord van Bergville Kzn
John Jackson(72) en sy vrou Liz Jackson(69) was deur 4 gewapende swart mans in hulle huis verras. Hulle was vas gebind met ratsbinders (cable ties). Met ‘n wapen teen sy slaap het hulle geld, selfone en wapens van John ge-eis. Hy het noodgedwonge vir hulle toegang toe sy kluis gegee waar hulle John se wapens gevind het.

Caren Jackson, hulle skoondogter het van haar woning (wat ongeveer 300m van die haar skoonouers se huis is) ongewone beweging gesien en een van die verdagtes buite haar skoonouers se huis  sien loop en dadelik onraad vermoed. Sy het dadelik alarm gemaak en die verdagtes het besef dat hulle hulle bose planne ontbloot is. Hulle het 2 wapens gegryp en gevlug en het in hulle haas hulle selfone agtergelaat.
Die plaaslike boere reaksie groep en majoor Cobus Botha Boerelegioen bevelvoerder het ontplooi en die onmiddelike area afgekordon waarna SAPS, SANDF ook by hulle angesluit het. Binne minute was 2 verdagtes gevang en die gesteelde wapens terug gevind.

Ongelukkig het 2 verdagtes ontsnap, maar hulle identiteit is aan SAPS bekend aangesien die 2 wat vasgetrek was met inligting voorendag gekom het en die selfone wat gekry is het ook waardevolle inligting verskaf.
Die plaashuise het baie goeie elektriese heining wat gekoppel is aan ‘n alarm, maar een van die stoor hekke was nie gekoppel aan die alarm nie en hulle het daar toegang tot die perseel bekom.
Daar was geen beserings nie en al die wapens is terug gekry.

Welgedaan die Boerelegioen in KZN.

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart