Boerelegioen laat Transito rowers op die vlug slaan

Boerelegioen laat Transito rowers op die vlug slaan

‘n Gewapende Transito Roof het op 10 Desemeber 2019 plaasgevind om ongeveer 18h30 op die Bloubank pad tussen Highway Garage en Rikasrus in Randfontein.

Ongeveer 4 gewapende swart mans het die Cash In Transit voertuig van die hoofpad gedwing en plofstof op voertuig geplaas en laat afgaan. Daar was ‘n skermutseling tussen die rowers met AK 47 wapens en die In Transit maatskapy, waar ‘n EPR lid, mnr Pine Pienaar, ook betrokke geraak het en gewond is deur die verdagtes. Boerelegioen lid Daleen Coetzer het dadelik die voorval by die Boerlegioen Verre Wesrand aangemeld. Sersant Michael de Bruyn van BL Reaksie het dadelik na toneel gegaan en bevestig dat ‘n transito rooftog wel plaas gevind het, asook dat een van EPR lede gewond is. Luitenant David Oosthuisen 3 IB van BL Verre Wesrand het ook na die toneel gehaas en aan Brigadier Chris Lessing Boerelegioen BO Streeks Bevelvoerder verre Wesrand geraporteer dat die beseerde EPR lid reeds behandeling ontvang van die nooddienste. (Pine Pienaar is huidiglik in die hospitaal en sy toestand is bestendig)  Die SAP en CPF was vinnig op die toneel maar die verdagtes het reeds die geld geneem en gevlug met 2 wit BMW’s as ook ‘n silwer-goud Fortuner in die rigting van die Hillside plotte.

Boerelegioen lid Johan Henning en Franco Lemmer, wat heeltyd in kontak met Brig Chris, was agter die verdagtes aan was in ‘n jaagtog. Die een wit BMW het in De Villiers straat verongeluk waarna mnr Koos Lessing se wit Isuzu bakkie gekaap is en skote afgevuur was. Brig Chris het op die kapingstoneel gearriveer en gevind dat die bestuurder van die Isuzu nie beseer was nie. BL lid Johan Henning het Brig Chris telefonies ingelig dat die verdagtes die Isuzu in Finsbury, Randfontein agter gelaat het en na ‘n woning gevlug het.

Brig Chris het aan Johan en BL lid Franco Lemmer instruksie gegee om op ‘n veilige afstand te bly tot dat Brig Chris op toneel is. Brig Chris het die plek waar die verdagtes hulle bevind het met die SAP reaksiemag gedeel en gehaas na die toneel. Met aankoms het Brigadier Chris en die BL lede die straat veilig gemaak, en die publiek weg gehou van die perseel waar die gewapende verdagtes hulle bevind het. Brig Chris, reaksiemag lid Johan Henning asook Franco Lemmer, het saam met die SAP en Hawks die perseel genader en gepenitreer.

Na deeglike penetrasie van die huis asook die buite geboue, het hulle gevind dat verdagtes reeds weg is. Daar is beslag gelê op die 2de wit BMW asook die Fortuner wat in ‘n motorhuis was, waar daar ‘n 9mm pistool gevind is asook geld en wat wil voorkom as AK47 rontes. Een van die verdagtes was gewond aangesien die Foruner vol bloed was. Die huis eienaar is na bewering n taxi bestuurder maar was nie te vinde op perseel nie.

 

Brigadier Chris en sy lede het daarna ontrek en wil baie dankie sê aan die Boerelegioen lede, asook CPF wat by die voorval die verkeer geregileer het saam die SAP, en die spesiale magte wat gehelp het.
Boerelegioen lede betrokke gedurende die gebeure:

Brig Chris Lessing 68

Luitenant David Oosthuisen 1939

Sersant Michael de Bruyn

Johan Henning Voormalige BL Lid

Franco Lemmer 2728

Vir die wat gehelp het met inligting:
Hanelie Meyer (Lessing) – Voormalige BL lid
Dalleen Coetzer wat dadelik die voorval aangemeld het.

Hiermee wil Brig Chris Lessing baie dankie sê aan almal wat betrokke was asook die wat nie genoem was nie. Julle is almal ysters.

Saluut

Leave a Reply

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart