Boerelegioen en die wit plakkerskampe – Waar het alles begin

Boerelegioen en die wit plakkerskampe – Waar het alles begin

Waar het alles begin – By die Boerelegioen se missie en visie – “By BOERELEGIOEN beoog ons om ‘n atmosfeer te skep waarbinne elke lid, ongeag finansiële vermoëns, gesondheidstoestand, geslag of ouderdom, hom- of haarself, tuis en in sy gemeenskap, veilig en beskermd kan voel. Hier sal ons, deur wedersydse respek, gedeelde volksliefde, en nougesette navolging van die morele normes en waardes waaraan ons voorouers vasgehou het, saam werk om ‘n beter tuiste en toekoms te skep vir ons kinders en hulle kinders. Deur bewusmaking en opleiding, in samewerking met ander eendersdenkende groepe, sal ons saam ons volk toerus om onsself te beveilig, beskerm, en verdedig teen die aanslae teen ons, nou en in die toekoms.”

Baie van ons mense bly in wit konsentrasie kampe party agter in erwe in tente dit is ons eie wit mense – omstandighede het dit veroorsaak dat hulle, hulle daar bevind het. Hulle voel hulle is niks werd meer vir die samelewing nie maar dit is waar ons as boerelegioen inkom om hulle weer te help om hul menswaardigheid terug te kry. Om terug te kom waar alles begin het – Met ‘n offisiere vergadering verlede jaar September het ons in Pta besluit om ‘n verskil te maak aan een van ons wit kampe – vroee kersfees met behulp van ons lede en offisiere Die datum is vas gemaak vir 17 Desember 2018 Sonheuwel se vroee kerfees van die Boerelegioen. Van die lede en van die offisiere se fotos plaas ek ook hier

Vroee Kersfees 2018

Die vroee kersfees het 17 Desember 2018 plaas gevind by Sonheuwel. Paar fotos volg:-

Elke kind tot by ‘n bejaarde ou tannie van 92 in ‘n rolstoel het geskenkies gekry – die tannie se geskenkie is persoonlik deur Kommadant Leon van daai tyd aan haar oorhandig.

Kinders net by daai kamp alleenlik daardie tyd was 65 almal saam 145. Ons was geroer met die waardering wat elkeen geopenbaar het. Offisiere het trane gesluk van trots omdat ons die tyd ingerium het om ‘n verskil te maak, hulle gelukkig te maak en hulle te laat vergeet van wat hulle deurmaak al was dit ook net vir ‘n paar uur. Ons het geweet toe ons daar wegry het ons gelukkige hartjies agter gelaat, die besluit is geneem om jaarliks ten minste een kamp te besoek.

Ons is in die begin proses om al die witkampe uit te ken en self ook die minder bevooregte mense wat agter in erwe bly party in tente party net met sinkplate as beskerming. Ons vorder met die navorsing

Wat is die doel en beplanning vorentoe –

Ons gaan die Misie en visie van Boerelgioen uit leef en dit gaan ons doen – deur bewusmaking en opleiding – eerstens om in elke kamp ‘n opgeleide mediese beampte te plaas sodoende kan sy/hy help met die gesondheid daar. Ons gaan dit deur Dr Gavin Scrooby en sy span doen wonderlik van hulle, en dan het ons opleiding vir die meer geharde manne en vroue om deel te vorm van ons reaksiemag en opleiding span Alles kos geld soos ek al pertinent genoem het Boerelegioen is nie ‘n welsyns organisasie nie ons is ‘n nie winsgewende organisie maar ons beywer ons om mense op te lei.

Om ‘n bydrae te maak om mense te help met die nodige opleiding kan dit direk in die boerelegioen se rekening in betaal word
Verwysing- Pta opleidings hulp


Bank besonderhede
First National Bank
Rekening naam: Boerelegioen
Rekening nommer: 62783134457
Takkode: 250655

Vir enige ander donasies kan ek persoonlik gekontak word by 0762963135 kaptein Cicilia

Kaptein Cicilia se boodskap

Hoekom ek by so ‘n groot rol betrokke is

Eerstens dit is nie net ek alleen nie ek het hulp. Die dag toe ek by die boerelegioen aan gesluit het het ek aangesluit oor wie en wat hulle is. Die christelike beginsels binne in die boerelegioen het my betrokke want ons Vader daar Bo is ‘n God van liefde en in elke christen hart behoort daai liefde uit te spruit na ons mede mens om daar waar van hulle dalk sonder hoop sit weer op te help in die gemeenskap in hulle help om hulle menswaardigheid terug te kry. Met ‘n helpende Christen hart en hand hulled eel te maak en te wys ons staan saam ons is daar vir mekaar.

My advies vir die wat betrokke wil raak

My advies sal wees dink aan hulle omstandighede maak dit deel van jou en gesels met hulle sonder demands ja daar is moeilike gevalle ook, maar gaan op jou knie en kry die krag van Bo en vra dat die woorde wat jy spreek die regte woorde sal wees. Wees nederig sien dit as ‘n liefdes taak teenoor jou medemens ons Vader is immers ‘n Vader van liefde.

Skenkings

Tannie Sandra en Oom Danie het goedere geskenk om te verkoop om te help met opleiding – Sover al R1000 ingesamel daar sal nog in kom verkope van ou bou material ens., goed gaan stadig maar ons verkoop.. Dierbare mense Baie dankie tannie Sandra en Oom Danie dit gaan beslis help vir opleiding.

Berig saamgestel deur Piet Retief en Kapt Cicilia du Toit