Ons eerste opleiding het gegaan oor verdediging wat gepaart gaan met aanvalle teen verkragtings, afneem van vuurwapens, asook persoonlike aanvalle. Net die basiese opleiding wat almal moet weet.
Hoe om los te kom en dan skade aan te rig.
Die opleiding wat ek gereel het op 23 Junie 2019 was gefokus op aanvalle. Sensei Danny het lede opleiding gegee teen mes en panga aanvalle, asook hoe om die persoon te oorrompel met ‘n wapen en terug aan te val en skade teen die aanvaller te berokken. Weereens was net die basiese konsepte gedek en daar sal later verdere vlakke aangebied word.
Net bietjie agter grond oor my instrukteur. Hy is ‘n Boerelegioen lid en ‘n Sensei met n graad van 7de dan.(Tanto/ Wakizachi Kihon. Ninjutsu) Hy doen die volgende kunsveg style:
Bunjinkan Discovery, To – Shin Do, Win Chun, Choy Lay Fut Kung Fu, Tai Chi, Combat Assassin Training, Wushu, CPO.
Internationale Judge, National Team Coach – KUOSHU
Dus is enige iemand wat die opleiding ondergaan in baie goeie hande.
Saluut
Majoor Chris Lessing
Randfontein Wesrand streek