C.O.B.R.A.™ Self-Defense South Africa

Popular 

 Selfverdediging/Self defence / Posted 5 maande ago by Leon Myburgh / 29 views

Ons verskaf  Scenario Gebasseerde Selfverdediging Opleiding aan maatskappye, volwassenses en kinders.

C.O.B.R.A.™  is die wereld se voorste selfverdediging handelsmerk en is ontwikkel deur ‘n voormalige Amerikaanse Polisie en Maksimum Korrektiewe Dienste Beampte. C.O.B.R.A.™  is gebasseer op eerstehandse ervaring wat opgedoen is met regte kriminele en bestaan uit ‘n kombinasie van Amerikaanse Polisie en Korrektiewe Dienste gebasseerde selfverdediging tegnieke en die beste tegnieke vanuit ‘n verskeidenheid gevegskunste.

C.O.B.R.A.™  is maklik om te leer en is geskik vir alle ouderdomsgroepe, geslagte en fiksheidsvlakke. Studente leer om hulself te beskerm teen ‘n verskeidenheid ongewapende en gewapende aanvalle asook hoe kriminele dink en hul slagoffers kies. Studente leer maklike strategiee om te voorkom dat mens ‘n slagoffer word en hoe om konflik te vermy. C.O.B.R.A.™  is uniek in die sin dat ons nie net aan ons studente ‘n klomp tegnieke leer nie maar dat ons studente blootstel aan gesimuleerde scenarios waar hul dit wat hul geleer het prakties kan toepas in ‘n wye verskydenheid scenarios.

Ons vorm deel van C.O.B.R.A.™  International en het  meer as 100 opleidings fasiliteite met internasionaal geakkrediteerde instrukteurs wereldwyd.  C.O.B.R.A.™ se kliente basis sluit in reuse internasionale maatskappye soos Vodacom, Verizon, Royal Carribean Cruise Lines en BASF. C.O.B.R.A.™  het reeds meer as 100 keer in plaaslike en internasionale media verskyn as die voorkeur bron van inligting oor realiteit gebasseerde selfverdediging opleiding.

Ons Internasionaal Gesertifiseerde Instrukteurs het intensiewe tersiere  veiligheid bestuur, sekuriteit risiko bestuur en praktiese selfverdediging opleiding ondergaan en beskik oor meer as 25 jaar praktiese ervaring in wetstoepassing/sekuriteit risiko bestuur in ‘n verskeidenheid misdaad risiko areas.

Kursus opsies wat aangebied word sluit in:

  • 4-Ure Basiese Selfverdediging Opleiding
  • 5-Week Gevorderde Selfverdediging Opleiding
  • Langtermyn Selfverdedigings Opleiding Klasse op ‘n Lidmaatskap basis
  • Selfverdediging Seminare, Praktiese Opleiding en Spanbou vir Maatskappye
  • Anti-Ontvoerings Opleiding vir Volwassenses en Kinders
  • Motor Kaping Voorkoming Opleiding
  • Boelie Aksie Plan vir Ouers en Kinders
Contact details

12A Bloemendal Ave RaytonFreestate,South Africa,9301 0822999117 info@cobradefense.co.za http://www.cobradefense.co.za

Contact this listing owner

Close Menu
× Whatsapp Support
×
×

Cart