Optog na VSA Ambassade
10 Oktober
Die Boerelegioen beplan ‘n optog na die VSA ambesade saam met Wessel Basson van Patriot vir Minderhede. Wessel Basson hanteer al die reelings om te verseker dat nodige magtiging vir die optog verkry word sodat dit wettig plaasvind.
Die Boerelegioen, USAC en Project Survivor is van die groepe wat aan die optog gaan deelneem. Die hoof opmars gaan by die Amerikaanse Ambassade in Pretoria plaasvind vanaf 9h00 – 12h00 op 10 Oktober 2019. Die bymekaarkomplek sal later bevestig word.
Ons wil graag van die geleentheid gebruikmaak om bewustheid te skep oor die verdrukking waaronder die blanke minderheid in Suid Afrika gebuk is, asook die gelydige uitwissing van blankes in Suid Afrika.
Arm Blankes
Ons wil graag die arm blankes van die wit plakkerskampe ook by die optog kry – aangesien hulle die ware slagoffers van die ANC se aanslag teen die blankes is. Ons vra asb julle hulp en versoek julle om hier ‘n donasie te maak vir die busvervoer om hierdie mense by die optog te kry.